Pietermaritzburg se ongeluksvoël

‘n Werknemer van die Msunduzi-brandweer het dié brandweerstasie se nuwe en enigste bakkie afgeskryf – blykbaar haar derde ongeluk in ‘n raadsvoertuig.

Sy het glo voorheen met ‘n brandweerwa teen ‘n muur by die brandweerstasie gery en byna ‘n kollega omgestamp. Sy het ook na bewering teen ‘n brandkraan by die stasie gebots. Die bakkie is glo teen ‘n boom of ‘n paal afgeskryf.

Die Msunduzi (Pietermaritzburg)-munisipaliteit ondersoek die voorval.

Lewer kommentaar

Leave a Reply