President Jacob Zuma se Eerste 100 Dae

President Jacob Zuma se Eerste 100 Dae, ‘n Paneelbespreking en gemeenskapsdebat, met ontbyt, tydens die 2009 Kalfiefees.

’n Politieke gesprek oor brandende vraagstukke van ons tyd, met ’n hoëvlak-paneel wat leiers van politieke partye insluit, asook ’n deelnemer of twee van buite die partypolitiek. Ná ’n kort inleiding deur elke paneellid is die gesprek oop vir almal – die bespreking se rigting word bepaal deur die vrae wat aan die paneel gestel word. Verlede jaar se paneelbespreking oor Suid-Afrika ná Mbeki was ’n hoogtepunt van 2008 se Kalfiefees. Vanjaar maak ons ’n tradisie van daardie begin.

Kalfiefees 2009
120-150 min. R65 (Ontbyt ingesluit) Burgersentrum
Vrydag 7 Aug 09:00

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar