Rekord bedrag vir tuna

’n Blouvin-tuna het gister vir ’n rekord ¥ 32,49 miljoen (ongeveer R 2,67 miljoen) verkoop by die Tsukiji-vismark in Tokio, Japan se eerste veiling van die nuwe jaar.

Die 342 kg tuna het die hoogste prys behaal sedert rekordhouding begin het in 1999 – sowat R 7 807 per kg.

Die reuse vis is aan die kus van Japan se noordelikste eiland gevang en is gesamentlik gekoop deur ’n sushi restaurant in Tokio se luukse Ginza-distrik en die Hong Kong sushi restaurateur Ricky Cheng. Sushi is Japan se nasionale dis en die land is die grootste verbruiker van blouvin-tuna.

Die tipe veilings vind plaas in weerwil van die WWF se versoek aan Japan om op te hou blouvin-tuna eet, tot en met die spesie se getalle gestabiliseer het. Die Japanese eet omtrent driekwart van die wêreld se blouvin-tuna.

Die blouvin-tuna bevolking in die Middellandse See het reeds met meer as twee derdes gedaal. Blouvin-tuna uit die streek word steeds onwettig gevang vir uitvoer na Japan.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply