Blouvin-tuna: Nuwe rekord en steeds bedreig

Verlede Januarie se rekord vir ’n blouvin-tuna is die week opgestoot na ’n allemintige ¥56,68 (R6 miljoen +). Die 269 kg vis is ook verkoop by die Tsukiji-vismark in Tokio, Japan.

Die vis is gekoop deur ’n Japannese maatskappy, Kiyomura. Kiyomura besit ’n soesji-kettinggroep. ’n Klein skyfie van die rekord-tuna verkoop vir amper R50 by een van dié soesji-restaurants.

Japannese eet 80% van die wêreld se blouvin-tuna. Dit is ten spyte van die WWF se versoek aan Japan om dit te staak, sodat die spesie se getalle kan stabiliseer.

Die vissersgemeenskap van die dorpie Oma in Japan het versoeke gerig aan groot maatskappye om op te hou om blouvin in hulle omgewing te vang. Die gemeenskap ervaar eerstehands die dalende getalle. Die vissermanne van Oma vang tans die reuse visse net met handlyne. Hulle het ook ’n versoek gerig aan die Japanese regering om ’n moratorium te plaas op die gebruik van vangnette vir blouvin-tuna vir 3 jaar.

Lewer kommentaar

Leave a Reply