Riekert Botha, ‘n predikant van die Vredendal Baptistekerk wat bydraes op RSG se Brekfis met Derrich lewer, het homoseksualiteit veroordeel as sonde op sy Facebook-blad.
RSG gaan voort met Botha se Pleisters vir die Siel. Volgens Beeld het RSG se stasiebestuurder, Magdaleen Kruger, gesê hulle benadering is dat wat mense op Facebook sê hulle eie persoonlike menings is.