SA satelliet die week gelanseer

Suid-Afrika se satelliet SumbandilaSat word Dinsdag 15 September om 18h55 gelanseer vanaf die Baikonoer-basis in Kazakstan.

SumbandilaSat weeg 81 kg en is omtrent so groot soos ‘n wasmasjien. Die satelliet sal 500 km weg om die aarde in ‘n wentelbaan geplaas word deur ‘n Sojoez-vuurpyl. Dit sal foto’s neem vir die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se satelliettoepassingsentrum. SumbandilaSat gaan ‘n ogie hou oor rampe, voedselsekerheid, die uitbreek van siektes, infrastruktuur, veiligheid en sekuriteit, energie en waterbronne.

SumbandilaSat is deur Sunspace gebou en die projek word gekoördineer deur die Universiteit Stellenbosch se fakulteit ingenieurswese.

Naledi Pandor, Suid-Afrika se minister van wetenskap en tegnologie, sal die lansering bywoon.

SumbandilaSat
SumbandilaSat

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Dit is baie interesant,

    Graag sal ek wil weet waar is Kazaktsan? In Suid Afrika? Klink amper soos ‘n dorpie iewers in Indië.

    Dit wys net weereens Suid Afrika steek nie af by ander lande nie, ons kan ook. Hoeveel Sateliete het Suid Afrika nou in die lugruim? Waar kan ek meer inligting bekom?

  2. As jy na die wêreldkaart kyk lê Kazakstan / Kazachstan so amper in die middel van Asië, met die een grens tot by Oos-Europa. Dit was voorheen deel van die Sowjetunie.

    Dit is ons tweede satelliet. Ons het ook mos deesdae ons eie ruimteagentskap: http://www.space.gov.za/

Lewer kommentaar

Leave a Reply