Samsung se jongste slimfoon, die Galaxy S3, is van vandag af in 28 lande beskikbaar. Teen Julie behoort meeste lande hierdie Android vlagskip te hê. Die foon het ‘n sensor wat jou oog volg wanneer jy daarna kyk.
Die foon ding nou mee met nuwe HTC modelle vir die titel as beste slimfoon op die mark.
Suid-Afrika het ongelukkig nog nie die foon nie, maar Amazon verkoop die LTE-weergawe vir slegs $799.00 (ongeveer R6 660.00). Dit is waarskynlik goedkoper as wat hy aanvanklik in Suid-Afrika sal kos.
