Samsung maak daarop aanspraak dat die nuwe Samsung AMOLED 12M / SCH-W880 die wêreld se eerste 12 megapixel selfoon is met 3x optiese zoom.
Uit een hoek lyk die nuwe foon kompleet soos ‘n kamera en dit lê in jou hand soos een. Beter as menige mik-en-druk kan dit foto’s neem met ‘n resolusie van 12 megapixels. Die kamera het ‘n 3x optiese zoom, 2x digitate zoom, kan 720p (1280×720) videoopnames maak, het ‘n Xenon flits, beeldstabiliseerder en al die gewone truuks van normale digitale kamera’s.
Die foon het ook ‘n lekker groot skerm (800×480) en ‘n interne geheue van 4GB.
Samsung oordryf natuurlik ‘n bietjie, dit is nie waarlik die eerste 12 megapixel kamerafoon nie, Samsung se Pixon 12 is een voorbeeld. Die AMOLED 12M / SCH-W880 is wel die eerste foon met ‘n 3x optiese zoom. Daar loop ook stories rond dat die M8920, die internasionale weergawe, Wi-Fi en GPS sal hê.
Korea kry eerste die foon in Oktober.

Spesifikasies:
- Netwerk: WCDMA (2100 MHz); GSM (900); DCS (1800 ); PCS (1900)
- Skerm: 3.3” (8,38 cm) WVGA AMOLED
- Kamera: 12MP met 3X Optiese Zoom, 2X Digitale Zoom, Xenon + Power Led Flash, Touch AF Tracking, Smart Auto, Beauty Shot, Macro Shot
- Video: HD (1280 x 720) 30fps
- Formate ondersteun: Video – MPEG4, H.263, H.264, DivX, XviD; Audio – MP3, AAC, AAC+, AAC+e, WMA
- Land DMB (Mobile TV)
- Konneksies: Bluetooth® 2.0, USB 2.0 HS (micro USB)
- Interne geheue: 4GB
- Eksterne geheue: Micro SD (tot 32GB)
- Battery: 1,100 mAh
- Grootte: 115.8 x 56.9 x 16.3 mm

