Die nuutgestigte Winelands Orchestra is ‘n gesamentlike onderneming van ervare, professionele musici wat ‘n verbintenis tot, en ‘n passie vir uitmuntende musiek deel. Die groep beplan die uitvoering van ‘n wye reeks werke, insluitend kamermusiek deur van die groot meesters, sowel as groter werke wat ‘n volle simfonie-orkes benodig. Hulle planne sluit uitvoerings in die noordelike voorstede van Kaapstad in, sowel as in Stellenbosch, Paarl en die Boland. Hulle beplan ook konsertreekse in die toekoms wat die orkes op ‘n gereelde basis na die Paarl, Parow en ander plekke in die Wynlande en die Boland sal bring.
Die Boland Private Cellar-konserte vind plaas op Sondag 4 Oktober 2009 in die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow om 15:30, en die aand om 20:00 in die Strooidakkerk in die Paarl.
Die program bestaan uit ‘n keur van ligte, populêre kamer-orkes werke wat wêreldwyd geliefd is onder musiekliefhebbers. Dit sal o.a. die volgende
insluit:
- Adagio vir Strykers deur Samuel Barber
- Die St. Paul Suite deur Gustav Holst
- Concerto vir Oboe en Orkes No. 2 deur Tomasso Albinoni
- Die Holberg Suite deur Edvard Grieg
- Eine Kleine Nachtmusik deur Wolfgang Mozart
Plaaslike Oboe-virtuoos, Carin Bam, sal die soliste in die oboe-konsert wees. Die orkes, gedirigeer deur Bill Holland, met Jürgen Schwietering as konsertmeester, sluit heelwat welbekende en ervare strykers in wat tans in die Kaap woonagtig is.
Boland Private Cellar is ‘n gesamentlike projek van Vineyards International en geselekteerde private produsente wat ten doel het om tipiese landgoedwyne te skep. Dit wil die sinergie van wingerde in familie-besit, hartstogtelike wynmakery en ‘n wedersydse toewyding vier.

Besprekings kan gedoen word by:
Boland Kelders (Paarl) (021) 862 6190
Musical Pleasures (Brackenfell) (021) 981 5551
Ink-Net (Paarl) 082 562 9205
Gustav Bam 083 290 7722
