Semenya dalk tweeslagtig

Die Australiese Daily Telegraph berig dat die Suid-Afrikaanse wêreld 800m-kampioen, Caster Semenya, hermafrodities is.

Semenya het na bewering interne testikels wat testosteroon vervaardig. Dit kan verklaar hoekom daar vantevore meer as die normale vlak van testosteroon by Semenya gevind is. Sy het glo ook nie ‘n baarmoeder of eierstokke nie.

Volgens die koerant het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) bevestig dat hulle die uitslae van die toetse het en staan glo op die punt om Semenya te diskwalifiseer vir internasionale deelname.

Die bron wat die uitslag gelek het beweer ook dat Atletiek Suid-Afrika (ASA) lank reeds van Caster Semenya se toestand bewus is. Dit dui dalk daarop dat iemand probeer het om dit toe te smeer.

Dr. Ross Tucker van die Instituut vir Sportwetenskap in Kaapstad het gesê dit is moontlik vir Semenya om ‘n operasie te ondergaan wat haar in staat sal stel om in die toekoms aan internasionale atletiek deel te neem.

Lewer kommentaar

Leave a Reply