Volgens Kader Asmal, Suid-Afrika se minister van onderwys, sal godsdiensonderrig in skole binnekort nie meer mag bestaan uit die spesifieke studie van ´n sekere godsdiens nie, maar eerder ´n objektiewe vergelyking van verskeie godsdienste.
Beheerliggame van skole sal nie hieroor mag besluit nie. Alle godsdiensbeoefening sal buite die skool moet plaasvind.
