Met die geweldige hoë werkloosheidsyfers in Suid-Afrika bied Werkersdag nie werklik vir almal in ons land ewe veel opwinding nie.
Die vlakke van armoede, die inkomstegaping en die afhanklikheid van toelae plaas al hoe meer dempers op dié vieringsgeleentheid. Elke burger van Suid-Afrika wat wel deur sy werkersdeelname aan die bou, ontwikkeling en instandhouding van die land deelneem, verdien die nodige erkenning. Diegene wat daarteenoor op hul louere rus en kyk hoe ander vir hulle werk en/of wag dat sogenaamde werk kan ophoop vir na-ure, naweke of vakansiedae sodat hulle oortyd betaal kan word, verdien nié die luukse van Werkersdag nie.
Kom luister en neem deel aan hierdie gesprek – saam met ’n paneel van kundiges – en kom vind uit: Wie werk dus eintlik vir wie in hierdie land van melk en heuning.
Kunstekaap Arts Cafe, Kaapstad
Vrydag 1 Mei | 07:00 – 09:00 | Besprekings: 021 406 2900 | Gratis (Sluit ligte ontbyt in)