Dié komedie speel af in die kombuis van Skyfies en Burgers, ‘n lekker burger joint in Parow.
Dit behoort aan twee vennote, Bruwer Dippenaar en Adriaan Burger. Adriaan is gefassineerd met Kokkedoor en neem internet kooklesse by Burger Schlebusch, baaskok en überkosblogger. Hy is filosofies ondersoekend na die betekenis van kos en eksperimenteer graag met nuwe smake en tegnieke. Bruwer maak grappies oor sy naam, drink dalk te veel en werk voor.
Die probleem is die onbesonne sakebesluite wat Bruwer gemaak het en nou is Skyfies en Burgers op die rand van bankrotskap. Gaan ‘n Beste Burger kompetisie die besigheid red en gaan die vennootskap die krises oorleef?
Geen onskuldige pluimvee of verskaffer van rooivleis sal beseer word in die toneelstuk nie.
Met: Waldemar Schultz en Leon Kruger
Teks: Ferdinand Bekker
Regie: Gaerin Hauptfleisch
Vervaardiger: Stercus Produksies
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Kaartjies: R 100
Plek: Ou Meulteater, Paarl
Datum: 25 April 2015 20h00
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za
Net ‘n Chilli Burger en Chips asseblief!,
Roekeloos,
18 April.

Lewer kommentaar