Jakes Gerwel was ’n visionêr in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap en het groot spore getrap waarin daar nog daagliks geloop word en waar sy skoene volgestaan moet word deur menige mense.
Verering vir hierdie renaissance-man is iets wat hyself nie sou wou hê nie, maar haas onmoontlik om die daaglikste konfrontasie van sy nalatenskap te misken.
“Hy was vir talle mense,’n uitstekende rolmodel. Sy leierskap was ’n inspirasie vir duisende in die akademie, eers as Afrikaans-Nederlandse dekaan en later as Rektor aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy was die aktivis-professor wat nie geskroom het om sy plek in die voorste linies in te neem teen die on-regte en vergrype van apartheid nie. Sy rol in die apartheidstryd was van ’n stil, beheerste, maar gefokuste aard met wye impak. Hy was ook ’n versoener, want dit is waaroor die stryd teen apartheid vir hom gegaan het. Hy het die kabinet van oudpresident Nelson Mandela geanker en ’n onmisbare, dog onbesonge rol gespeel in die vestiging van die nuwe demokratiese regering. Sy rol in die relatief gladde oorgang wat Suid-Afrika uniek in die wêreld gemaak het, kan nooit geringgeskat word nie.” – Henry Jeffreys
Plek: Arts Cafe, Kunstekaap, Kaapstad
Datum: Saterdag 2 Mei | 09:00 – 11:00 | Besprekings: 021 406 2900 | Gratis (Sluit ligte ontbyt in)
Jakes Gerwel: Renaissance-man,
Roekeloos,
19 April.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
