The Write Stuff: The Style Guide With A Difference


The Write Stuff gee duidelikheid oor die verskil tussen ‘content’ en ‘contents’, ‘may’ en ‘might’, ‘entrance’ en ‘entry’, ‘you and I’ en ‘you and me’, en meer as 50 ander probleemgevalle.

Hierdie verwarrende woordpare word met gebruiksvoorbeelde toegelig.

Die nuwe en uitgebreide uitgawe van The Write Stuff bevat ’n hele aantal bydraes oor hedendaagse kwessies, wat die bron uiters gewild maak onder professionele mense asook ‘gewone’ mense wat ’n passie vir taal het.

Die nuwe uitgawe bestryk ook die konsep van eenvoudige taal, en baie voorbeelde is ingesluit wat begrip en toepassing vergemaklik. Die nuttige naslaanbron help jou ook om jou kennis te toets met ’n hele aantal aktiwiteite met antwoorde, wat agterin die gids opgeneem is.

Omdat die vereistes wat op die styl, toon, manier, konvensies en beste praktyk vir sakekommunikasie van toepassing is, gedurig verander, en wetgewing toenemend die gebruik van ondubbelsinnige en duidelike taal vereis, is dié handige en bondige hersiene weergawe van The Write Stuff juis bedoel vir elkeen wat skryf. Alle inligting is maklik deur ’n uitgebreide en gebruikersvriendelike indeks toeganklik.

The Write Stuff
The Write Stuff
Hierdie uitgawe fokus ook op eleganter styl en sluit wenke in vir skryfwerk in ˈn beknopte styl. Dit ontrafel onder meer loshangende, bepalende frases – iets wat nie so klinkklaar in enige ander alledaagse stylgids gedoen word nie.

The Write Stuff bied aan alle gebruikers duidelike riglyne, verskaf aan bedrewe gebruikers die toerusting wat hulle nodig het om selfs meer effektief te skryf, en gee goeie skrywers ˈn voorsprong.

The Write Stuff: The Style Guide With A Difference (3nd Edition) / deur Johan Geldenhuys, Dave Dykman, Bittie Viljoen-Smook — Pharos, 20 Augustus 2014 — 160 p. ; sagteband. — ISBN 9781868901821

The Write Stuff: The Style Guide With A Difference (3nd Edition),
Bettie Blom,
19 April 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply