#SOF Herdenkingsdae: Feesdag, vakansiedag of braaidag?

As jy na ‘n Suid-Afrikaanse dagboek of kalender kyk, sien jy gou raak dat daar 12 openbare vakansiedae opsy gesit is vir die viering of herdenking van belangrike historiese geleenthede, of die erkenning van ‘n besondere groep mense.

Van hierdie dae is byvoorbeeld Menseregtedag in Maart, Gesinsdag in Maart of April, Werkersdag op 1 Mei, Jeugdag op 16 Junie, Vrouedag op 9 Augustus en Erfenisdag op 24 September.

Nou word sekere dae vervorm, hernoem, geannekseer en bloot as vakansiedae gesien. Waarom vier ons fees? Gedenk ons werklik die gebeurtenis of die kwessie wat aangespreek is op die spesifieke geskiedkundige dag of braai ons eerder? Braai ons werklik saam? Of is almal steeds in hulle eie selektiewe gesegregeerde groepe en braai sonder kennis oor ons erfenis in hulle luukse kuierkamers of klein agterplase?

Kom luister en neem deel aan hierdie relevante gesprek en lug jou waardige mening!

Kaartjies: R 120
Plek: kykNet isiBaya, Kaapstad
Datum: Sondag 3 Mei | 09:00 – 11:00 | Besprekings: 021 406 2900 / | Gratis (Sluit ligte ontbyt in)

Herdenkingsdae: Feesdag, vakansiedag of braaidag?,
Roekeloos,
19 April 2015.

Suidoosterfees 2015

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply