Nuus oor koning Mswati III van Swaziland is selde goeie nuus.
Die Mail & Guardian berig dat die koning ‘n straler ontvang het vir sy 44ste verjaarsdag. Volgens die Swazi regering sal dié vliegtuig die arm land help met ontwikkeling.
Gerugte doen glo die rondte dat die vliegtuig geskenk is deur die Indiese maatskappy Salgaor Engineers, wat tonne ystererts van Swaziland se Ngwenya myn uitvoer. Sivarama Petla, hoof uitvoerende beampte van Salgaocar, ontvang glo polisiebegeleiding wanneer hy Swaziland besoek.
In 2002 het die koning probeer om ‘n straler van R700 miljoen te koop, destyds twee keer die gesondheidsbegroting van Swaziland, waar ‘n derde van die inwoners MIV-positief is. Nadat ‘n deposito van R28 miljoen betaal is, het die Swazi regering die aankoop laat vaar weens druk van binne en buite die land.
Die koste om die koning se nuwe DC-9 vliegtuig te vlieg beloop tussen R30 000 en R40 000 per uur.

