Toeriste verdryf

Inwoners van ‘n dorpie in Oostenryk is nou siek en sat vir toeriste. Meer spesifiek, toeriste wat hulself al vryend afneem voor die dorp se naambordjie, Fucking.

Dit was alles goed en wel toe mense net foto’s geneem het voor die naambordjie, maar deesdae maak hulle films, en soms waai die klere.

Die stadsvaders het nou videokamera’s aangebring wat alle naamborde in die dorp dophou in ‘n poging om toeriste af te skrik.

Lewer kommentaar

Leave a Reply