Toyota het ‘n middellugsak vir die agtersitplek ontwikkel. Hierdie lugsak, die eerste van sy soort ter wêreld, sal help om die hewigheid van sekondêre beserings te verminder wat die agterste passasiers kan opdoen in ‘n botsing van die kant.
Die nuwe lugsak is verpak in ‘n groot, vaste agtersitplek-middelkonsole wat beskikbaar sal wees in ‘n weergawe van ‘n Toyota-model wat binnekort in Japan bekend gestel word. Wanneer die voertuig van die kant af getref word, ontplooi die lugsak van die bokant van die konsole af. Dit sal help om beserings te verminder wat die agterste passasiers kan opdoen as hulle teen mekaar of teen die konsole geslinger word.
