Tradisionele troues ontvang nou die nodige respek wat dit toekom. Sedert verlede week is tradisionele troues uiteindelik wettig in Suid-Afrika. Die nuwe wetgewing omskryf ´n tradisionele troue as onderhandel, gevier en voltrek binne die sisteem van ´n inheemse Afrikakultuur. Dit sal ook help om die status te verhoog van vrouens en kinders binne hierdie kulture. Die hof kan nou alleenlik so ´n huwelik nietig verklaar, nie meer die familie van die manlike eggenoot nie. Ongelukkig word Hindu en Moslem troues nog steeds nie erken nie.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
