SA vrouens meer konserwatief?

In Graz, Oostenryk, is daar tans ´n retrospektiewe uitstalling van Rudi Gernreich, die ou wat in 1964 die eerste monokini ontwerp het, en sodoende gehelp het om die bostuklose mode te inisieer. Soos almal weet, het dit nooit in SA posgevat nie. Die ooglopende verklaring (post-94) is natuurlik dat Suid-Afrikaanse vrouens gewoon te preuts is vir sulke modes. Dalk volg hulle ook hierin die Amerikaanse voorkeur vir skoongeskropte skoonheid. By die gewildste swemplekke in Pretoria was daar byvoorbeeld een of twee gevalle van bostuklose sonbaaiery tussen 1990 en 1993, ´n klein “opflikkering” in 1994, nog een of twee gevalle in 1995-’96, en daarna niks. Die preutserigheid op sigself is te voorspelbaar om interessant te wees. Wat wel interessant is, is dat die beeld wat vrouens hier na buite projekteer, die afgelope vyf jaar meer konserwatief geword het, terwyl die samelewing op die oog af meer permissief geword het. Die seksbedryf opereer vryelik in alle kleure en geure, sensuur het verslap, selfs die televisie raak meer “openhartig”, ensovoorts. Wie is nou uit pas met wie?


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply