‘n Groep mense op ‘n strand suid van Richardsbaai het so aggresief geraak teenoor reddingswerkers wat na ‘n man gesoek het wat moontlik verdrink het, dat die polisie aanbeveel het dat dié vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) die strand verlaat.
