CM skryf:
“Ek was vir so ‘n jaar en ‘n half saam met ‘n girl en het ‘n baie normale nie-seksuele verhouding met haar gehad, dit was totdat my klok 22 geslaan het en ek baie begin reis het.
Toe ek haar na my eerste reis weer gesien het was als anders, en waar ek ‘n rustige ou van tevore was, het ek eweskielik in ‘n wille, kinky bastard verander wat net meer en meer wou hê. Jy moet verstaan dat ek van te vore ‘n baie, en ek bedoel baie – rustige ou was wat ‘n vry as fantasties beskou het… en toe net soos dit was ek ‘n ou wat punani meer as rugby op ‘n Saterdag like.
Uit ‘n aard het daai verhouding drie weke na my terugkeer op niks uitgedraai. Ek het net gevoel dat ek haar ontgroei het en meer wou hê. Vanaf toe het ek van my ekse al weer gedate en almal van hulle meen dat ek baie harder vry en amper masochisties geword het.
Die ding is net ek wil meer hê, en ek weet nie al dag of die feit dat ek baie reis in my werk, my dalk seksueel geaffekteer het nie.
Is ek die enigste persoon waarmee so iets gebeur het? Moet ek A hulp kry of B net ‘n girl kry wat net so hard soos ek is en letterlik mekaar uitmekaar doen?”
Marthie van Zyl:
Die antwoord op jou vraag of daar ander mense is wat soos jy is…………………. is beslis JA, of dit normaal is, is ‘n ope vraag, want wat is werklik NORMAAL? Elke persoon se “normaal”, val binne sy eie raamwerk van norme en waardes, asook verskeie anders faktore, wat sonder ophou bespreek kan word.
Nee, die feit dat jy baie reis, het niks te doen met jou seksuele voor- of afkeure nie, ‘n mens se grootste “seksorgaan” is in jou kop, met ander woorde, “all in the mind”, jy kan dus gerus reis soveel jy wil.
Wat jou te doen staan met ‘n maat, sou ek beslis aanbeveel dat jy iemand soek wat “kinky seks” geniet soveel as jy, want as jy sommer enige meisie / vrou ‘n bietjie hardhandig gaan hanteer, mag jy dalk jou rieme styfloop…… meeste vrouens verkies sag en vertroetelend, maar dat daar ‘n maat is vir jou iewers, ja, daarvan is ek baie seker.
Hoop jy kry iemand.
Die baie deurmekaarkop skryf:
“Moet sê ek kan nie glo dat ek skryf nie! Ek is 24 jaar oud. Ek het so 8 maande geleede ´n af en aan verhouding van 5 jaar beeindig! Dit was swaar maar ek voel al baie beter!
Ek en die ex het ´n baie baie goeie sekslewe gehad. Ons verskil 15 jaar, maar ons was baie gelukkig saam! Hy het ´n kind by ´n ander vrou en dit is waarom ons liefde nooit kon werk nie! Ons het op elke gebied baie goed klaargekom. Ek was altyd op my gemak met hom en kon enigeiets in die bed probeer! Ons het altyd mekaar gesien en vir ´n jaar lank mekaar skelm gesien terwyl hy by sy “ander vrou” gebly het! Ek weet dat dit nie reg was nie, maar ons was baie lief vir mekaar!
So 4 maande gelede moes ek saam met ´n ou gaan uiteet! Dit was ´n kennis van ´n vriend en hy het gedink ons sal oulik saam wees! Ek het egter agtergekom dat ek nie reg was vir ´n man in my lewe nie en op nommer 99 dit afgestel! Altwee was natuurlik afge#&* met my.
In die laaste ruk het my kop my nou en dan gelos en het ek meer as een one night stand gehad. Ek het so 2 maande terug dit gestop want dit is nie wie en wat ek is nie! Ek het die ou van daardie aand nou beter leer ken, en ja, ek is mal oor hom! Ons was nou al ´n paar maal saam uit en daar word nie doekies omgedraai deur hom of myself oor hoe ons oor mekaar voel nie. Ons het egter nog nie gevry of saam geslaap nie. Omdat ek te bang is. En die ergste van als is hy verstaan! Ek is bang omdat ek nie seker is nie en nie weer wil seerkry nie.
My ex het weer gebel! Gesê hy kom kuier en wil my sien! Hy mis my en wil met my liefde maak! Ek het hom van die ander man vertel. Nou sê hy dit maak nie saak nie! Hy het sy girl met my verneuk, ek kan ook. Maar ek wil nie! Maar ek wil! En eerlik… vir die seks! Dit was baie goed en ek wil weer daai gevoel wat hy my gee hê! So, dink jy dat ek net jags is en dit is makliker vir my om saam met my ex te slaap en te weet wat gaan gebeur, eerder as om die kans te vat en saam met ´n baie baie nice ou. Ek weet net nie of daar weer iemand soos hy (ex) oor my pad gaan kom wat my seksdrang verstaan nie!”
Ben:
Ek wil my nek uitsteek en sê dat dit voorkom of jy tog iewers weet wat jy regtig wil hê.
Jy is eerlik oor jou seksdrange. En hoekom nie, seks is belangrik en as hierdie behoeftes nie bevredig word nie kan dit tot nadeel van ´n verhouding wees.
Hoeveel sekerheid het jy dat die nuwe man in jou lewe nie jou drange kan bevredig nie? Gebruik jy dit nie dalk as ´n verskoning nie? Of gebruik jy seks as ´n verskoning om jou hunkering na jou gewese kêrel te regverdig? Of verstoot jy die nuwe man bloot oor gevoelens wat jy nog het vir die eks?
Dit is normaal dat jy geborge gaan voel deur seks met jou gewese kêrel. Julle was lank bymekaar en tyd maak twee persone baie gemaklik met mekaar se fisiese voorkoms en behoeftes.
Daar is baie vrae oor jou probleem. Lees weer deur jou eie briefie en kyk of jy nie self die antwoord gee nie. Indien jy voel dit is ´n werklike probleem stel ek voor jy gaan spreek ´n professionele persoon.

Goeie dag.
Ek wil graag raad he oor my huwelik en wat ek moet doen ek ken my man nou al 6j en ons is nou 7m getroud. My man het nog altyd net tyd vir sy vriende as hul iets vra dan spring hy en dit word gedoen maak nie saak wat dit is nie, hy wil elke naweek visvang en niks anders doen nie. hy raak geweldadig teenoor my en ons honde, as hy drink en dus elke naweek dan wag hy tot ek gaan slaap dan gaan hy alleen verder uit tot vroeg in die oggende en as jy hom vra waar hy was dan sal hy se dit het niks met my te doen nie, hy het my al geslaan en verwurg en geskop ek het ook al probeer selfmoord pleeg maar. ek was oook al ontvoer en nog steeds gaan hy aan soos wat hy aangaan dit is asof ek nie bestaan nie, Ek wil nie seks he nie want hoe moet jy
Dit klink nie na 'n gesonde verhouding nie. Jy moet so gou as moontlik 'n veilige blyplek kry, waar jy kan besluit oor jou pad vorentoe. Sulke stories eindig selde goed.
Ek en my swaer het 'n verhouding vir die afgelope paar jaar.. Ons ontmoet skelm elke week vir seks, en nou wil hy meer hê. Hy soek 'n vaste verhouding wat alles insluit, selfs huwelik.. en ek wil ons verhouding beeindig, weet nie hoe nie. Hy sê hy is onsettend lief vir my, en ek is lief vir hom, maar ek is liewer vir my man, ek wil hom nie los nie. Wat ek wil hê, is dat my swaer dit opbreek. Ek wil hom nie seermaak nie, op een of ander manier wil ek hê hy moenie meer van my hou nie. Hoe kan ek hom kry om my te haat, en nie meer lief te wees vir my nie?
Jong … ek het ongelukkig nie vir jou die raad wat jy vra nie. Ek stem saam met jou, stop dadelik waarmee jy besig is, voor vier mense seerkry.
Sterkte!