Beeld berig dat die Suid-Afrikaanse regering onlangs wapentuig ter waarde van R2,25 miljoen aan Zimbabwe verkoop het. Dié inligting is glo vervat in die jongste verslag van die nasionale komitee oor beheer oor konvensionele wapens (NCACC).
Jeff Radebe, minister van justisie en voorsitter van die NCACC, het in 2011 gesê die komitee keur permitte vir die verkoop van wapens af aan lande “waar daar politieke verwikkelinge was”, lande soos Gaboen, Sirië, Jemen en Zimbabwe.
Die wapens wat aan Zimbabwe verkoop is bestaan hoofsaaklik uit steuntoerusting soos traangas.
Die minister het nog nie op die aantygings reageer nie.
Ja well ….. ek is verbaas hul verkoop dit en gee nie net weg nie