17% van die meer as 70000 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het VIGS. So sê die Minister van Verdediging Mosioua Lekota.
Die statistieke is afkomstig van bloedtoetse wat gedoen is op weermaglede wat deelgeneem het aan Operasie Blue Crane saam met ander Suider-Afrikaanse lande verlede jaar. Lekota het ontken dat die persentasie veel hoër mag wees, want die toetsgroep was beperk tot drie van die nege provinsies.
