Naellope, Aflos en die Marathon! Dit is wat die advertensies by bordele in Australië uitbasuin.
Bordele is een deel van die sakebedrywighede in Sydney wat glo sakke vol geld bank elke oggend. Dit is waarom die kredietgriete dit nodig gevind het om ietsie anders aan te bied vir beide besoekers en plaaslike inwoners. Die Olimpiese items is so gewild dat die plesierhuisies nou moet bontstaan om nuwe werkers in diens te neem. Blykbaar is dit veral die Aflos wat veroorsaak dat kliënte tot so lank soos twee ure moet wag voor hulle enige diens ontvang.
Die Amerikaners en Japanese spandeer tans die meeste geld op hierdie items. Volgens Roekeloos se sport-guru, Jors Troelie, is dit bloot te wyte aan die feit dat die Rand tans so swak is.
