President Robert Mugabe van Zimbabwe het R3 615 000 van sy land se broodnodige kontant spandeer op sy besoek aan New York vroeër die maand. Volgens Zimbabwe se Daily News het Mugabe 47 persone saam met hom die uitstappie geneem, insluitende sy vrou en 3 kinders.
R1 879 800 is spandeer op vlugkaartjies en elkeen het ´n daaglikse toelae ontvang van tussen R1 000 en R2 000 vir die 14 dae. Kenners van toerisme beraam dat die ultra-luukse verblyf ongeveer R723 000 moes beloop het. Die delegasie het ook vooraf ´n draai in Parys gaan maak.
