Vlugbesonderhede op Google

Hierdie nuwe funksie van Google is vir almal wat Gmail gebruik en gereeld vlieg – of dalk net binnekort vlieg.

Gebruik die soekfunksie op Google se hoofblad en tik in “my flights” – natuurlik op die rekenaar wat jy elke dag gebruik. Jy sal ‘n lys sien met inligting oor al jou toekomstige vlugte. Kyk regs bo. Daar is ‘n blokkie met meer inligting oor jou volgende vlug.

Dit is nie regtig iets nuuts nie, dis al vir amper drie maande al beskikbaar. Wat min mense egter weet is dat as jy ‘n foon het met ten minste die Jelly Bean-weergawe van die Android-bedryfstelsel en Gmail en Google Now daarop installeer, word jy outomaties op hoogte gehou van jou vluginformasie en baie ander besonderhede. Soos byvoorbeeld inligting oor kaartjies wat jy gekoop het, produkte wat jy bestel het, hoe die verkeer lyk huis toe. Jy hoef ook nie meer alles op jou foon te tik nie. Stemfunksies laat jou toe om afsprake te skeduleer, Apps oop te maak en ‘n SMS te stuur. Die stelsel volg wat jy gereeld doen en gee jou dan inligting wat jy dalk kan nodig kry vooruit.

Lewer kommentaar

Leave a Reply