Tabletrekenaars – ‘n basiese gids

2012 was die jaar van die tabletrekenaar. Dit is tans bo-aan die elektroniese inkopielys.

Die groep wat hier bespreek word, het basies een van twee bydryfstelsels, IOS of Android. IOS is beperk tot Apple-produkte, terwyl Android die ander aandryf.

iPad, iPad Mini

Wat hulle jou nie vertel nie: Jy betaal te veel vir wat jy kry. Boonop is dit deel van Apple se sakeplan om jou ingehok te hou in hulle reeks produkte, wat dalk die rede is hoekom hulle produkte nie lekker saamwerk met enigiets buite die IOS-bedryfstelsel of wat nie ‘n Apple-produk is nie.

Koop iPad >>

Koop iPad Mini >>

Skerm: iPad: 24.638 cm; iPad Mini: 20.066 cm

iPad
iPad

Kamera: Voor en agter

Batterylewe: 10 uur lank (video)

Stoorplek: 16GB, 32GB of 64GB

Konnektiwiteit: Gebruik ‘n Wi-Fi punt of sellulêre verbinding

Galaxy Tab 2 7, Galaxy Tab 2 10.1

Wat hulle jou nie vertel nie: Jy betaal te veel vir wat jy kry.

Koop Galaxy Tab 2 7 >>

Koop Galaxy Tab 2 10.1 >>

Skerm: Galaxy Tab 2 7: 17.78 cm; Galaxy Tab 2 10.1: 25.654 cm

Galaxy Tab 2 10.1
Galaxy Tab 2 10.1

Kamera: Voor en agter

Batterylewe: Galaxy Tab 2 7: 12 uur; Galaxy Tab 2 10.1: 11 uur

Stoorplek: Galaxy Tab 2 7: 8GB – kan uitgebrei word; Galaxy Tab 2 10.1: 16GB – kan uitgebrei word

Konnektiwiteit: Gebruik ‘n Wi-Fi punt

Google Nexus 7, Google Nexus 10

Wat hulle jou nie vertel nie: Die fisiese omhulsel van die produk is van ‘n lae gehalte. Tans die vinnigste tabletrekenaars op die mark.

Koop Google Nexus 7 >>

Skerm: Google Nexus 7: 17.78 cm; Google Nexus 10: 25.4 cm

Google Nexus 7
Google Nexus 7

Kamera: Google Nexus 7: Net voor; Google Nexus 10: Voor en agter

Batterylewe: 8 uur lank

Stoorplek: Google Nexus 7: 8GB,16GB, 32GB; Google Nexus 10: 16GB,32GB

Konnektiwiteit: Gebruik ‘n Wi-Fi punt

Coby 7

Wat hulle jou nie vertel nie: Batterylewe is swak. Reageer nie so goed op instruksies soos die res van die groep nie. Die aanbevole App-winkel, GetJar, is nutteloos, laai jou apps elders af.

Koop Coby 7 >>

Skerm: 17.78 cm

Kamera: Net voor

Batterylewe: 8 uur lank

Stoorplek: 4GB – kan uitgebrei word to 32GB

Coby 7
Coby 7

Konnektiwiteit: Gebruik ‘n Wi-Fi punt

Lewer kommentaar

Leave a Reply