‘n Witdoodshaai het ‘n vissersboot aangeval by Strandfontein in die Wes-Kaap, het Independent Online Dinsdag berig.
Die beskadigde boot, met ‘n sny van ongeveer een en ‘n halwe meter lank, het Maandag baie aandag in die Kalkbaai-hawe getrek. Heelwat van die haai se tande is in die romp gevind.
Die haai was na geskat word sowat sewe meter lank. Sy tande was tussen vyf en ses sentimeter lank.