Perfek vir in die stad rondrits of kinders rondry. Die Zap is dalk nie die mooiste motor wat jy al ooit gesien het nie, maar die elektriese driewiel het eienskappe wat hiervoor opmaak.
‘n Uitstaande kenmerk van die Zap is dat dit, met die opwekking van elektrisiteit in aanmerking geneem, 98% minder besoedel as enige petrol voertuig. Vir ‘n verandering kan hierdie klein motortjie ook 4 persone vervoer, meer as die normale een of twee.
Die Zap sal dalk bietjie beter lyk as jy die een met die koper afwerking neem, maar met die leersitplekke en al gaan die prys mens twee keer laat dink. Jy sal omtrent R117 000 moet opdok. Dit is beslis ook net vir die stad, want na 40 km moet sy batterye weer herlaai word.
Die Zap se boeties en sussies sluit in ‘n sportmotor, motorfietse, vierwielmotorfietse en ‘n bakkie wat sy eie sonpaneel saamry.
Zap
Tans is die Zap net in Amerika beskikbaar.
