Een oggend na pouse toe die sub-b klas terugkeer vind die juffrou iemand het gebollie op die vloer voor die swartbord. Na ‘n lang gegiggel kry sy die klas om te kalmeer en vra wie dit gedoen het. Niemand antwoord nie.
Sy vra toe vir al die kinders om op hulle arms te lê en dan maak sy ook
so. Die een wat die bollie gelos het moet dan vorentoe stap, dit optel
en “jammer klas” op die bord skryf. Sy belowe dat sy ook nie sal kyk
wie dit is nie.
Na so 2 minutes met almal se koppe op hul arms hoor die juffrou hoe
iemand se stoeltjie stadig uitskuif, voetstappe tot by die swartbord, ‘n
gegriffel met kryt, ‘n gewoel op die vloer, voetstappe terug en ‘n
stoeltjie wat terug skuif.
Met hoop maak sy haar oë oop en kyk met skok na die vloer na ‘n vars
tweede drol.
En op die bord staan: “Die skim kak weer”.
