100% EK
Roekeloos
So, jy’s besig om groot te word.
Allerhande vreemde dinge begin skielik met jou liggaam gebeur. Natuurlik het jy hope vrae daaroor!
100% EK is `n eerlike en prettige gids oor hoe ouens en meisies grootword, en dis 100% die regte boek vir jou! Dit bevat tekeninge en vasvrae en sal al jou vrae beantwoord oor wat om te verwag wanneer jou liggaam verander.
100% EK sal jou help om alles te hanteer – van groeipyne tot seksvoorligting.
Die perfekte boek vir meisies EN ouens!

Wat moet ek alles aan my 9 jarige dogtertjie vertel omtrent seks en haar persoonlike grootwordjare. Wat moet ek ook aan haar vertel omtrent menstruasie.
My seun moet vertel word van die feite van die lewe. Weet jy van ´n boek wat dit op ´n mooi manier aan hom kan verduidelik. "Wat seuns wil weet" van Dr. Jan van Elfen is uit druk uit.
Beste groete.
Ek is nie goed op hoogte oor die nuutste boeke oor seksvoorligting vir seuns nie. Na bietjie noodgedwonge rondkrap het ek op ´n boek afgekom wat lof kry uit verskeie oorde. Die boek se titel is The Teenager's Guide to the Real World: How to Become a Successful Adult. Soos ek verstaan bevat die boek onder andere ´n afdeling oor seks.
Enige persoon wat enige ander goeie voorstel het moet my asseblief laat weet.
Op 9 hoef sy nog nie ALLES te weet wat daar te wete is nie … maar jy kan gerus die basiese bespreek , bedoelende, sê vir haar hoe het 'n mens seks met 'n ander, hulle hoor vreeslike dinge by die skole, en as ons as ouers hulle nie reg inlig nie, kan dit probleme veroorsaak in later jare.
Dit is egter moeilik om te sê wat jy kan en nie kan sê nie, want ek ken nie jou kind nie, party kinders is emosioneel verder ontwikkel as ander, sy moet weet van menstruasie, anders skrik sy haar dood die dag as dit gebeur, en dit kan vanaf 9 tot 14 enige tyd wees, veral as die borsies al begin ontwikkel het, hulle is gewoonlik die aanduiding dat ma moet begin praat oot die blomme en bye …
Hoop jy kom reg, kontak my gerus weer as jy steeds onseker voel.
Wat se pyne kry seuns op hulle tetikels?
Janco,
Dit kan 'n probleem wees of dit kan as gevolg van jagsgeit wees. Masturbeer en kyk of dit beter is agterna.