101 Puik Projekte vir jou Digitale Kamera

 

’n Slim, prettige en verrassende boek wat enigeen met ’n digitale kamera dadelik sal inspireer.

Die digitale kamera het ’n omwenteling in fotografie meegebring en die neem van goeie foto’s makliker en meer toeganklik as ooit tevore gemaak. Mense ontdek regoor die wêreld hoe veelsydig digitale fotografie is en dat jy die foto’s op ’n rekenaar kan manipuleer en dit heel gerieflik met kostedoeltreffende drukkers tuis kan druk.

Daar is egter veel meer wat jy met jou digitale kamera kan doen. In hierdie boek verken Simon Joinson 101 moontlikhede, van leer hoe om jou kamera ten volle te benut, tot vindingryke toepassings wat nooit met ’n filmkamera moontlik sou wees nie.

Jy hoef nie ’n digitale foto te druk nie – jy kan dit projekteer, met e-pos stuur, op materiaal druk of selfs op koekversiering gebruik. En omdat jy onmiddellik kan kyk na die foto wat jy pas geneem het en die foto enige tyd kan uitwis sonder om dit te druk, kan jy soveel foto’s neem as wat jy wil.

Jy kan jou kamera op allerhande maniere aanwend, selfs as ’n notaboek sodat jy nie ’n adres en foonnommer hoef neer te skryf nie, of om foto’s te skep wat heel professioneel lyk.

101 Puik Projekte vir jou Digitale Kamera is propvol onskatbare wenke, inligting, praktiese en prettige idees.

  • Neem beter foto’s
  • Druk, vertoon en deel jou foto’s op talle maniere
  • Leer eenvoudige, doeltreffende fotomanipulasietegnieke
  • Skep kunswerke en gebruik jou kamera as ’n skandeerder, ’n webkamera of selfs ’n notaboek
101 Puik Projekte vir jou Digitale Kamera
101 Puik Projekte vir jou Digitale Kamera

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

25 November 2009

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply