Zombieland

 

As die eerste beelde op die skerm verskyn kry ek ‘n glimlag op my gesig.

Plek plek wil jy begin naar raak as die zombies aan die mense begin byt, maar dit is die gesigsuitdrukkings van die slagoffers wat jou meedeel dat Zombieland hard probeer om ‘n komedie te wees. My gunsteling is die vet ou op die voetbalveld wat vir sy lewe hardloop, terwyl die gehoor weet hoe die dag vir hom gaan eindig.

Die openingstonele is ‘n kort opsomming van wat jy moet weet:

1) Zombies het die aarde oorgeneem.
2) Daar is nuwe reëls wat STRENG nagekom moet word, anders is jy die dag se hoofmaal.

Die atmosfeer is aanvanklik gevul met beloftes van pastiche en oulike parodieë, maar wanneer die titel verdwyn en jy ken al die reëls, begin die fliek ongelukkig struikel.

‘n Tiener (Jesse Eisenberg) en ‘n cowboy (Woody Harrelson) is nog mens en moet ‘n tuiste in die nuwe wêreld vind saam met twee jong susters. Ongelukkig speel die twee hoofkarakters net lekker saam nie en Harrelson is beslis nie op sy beste nie.

ZombielandRegisseur Ruben Fleischer sukkel nog om die delikate balans tussen parodie en blote belaglikheid te handhaaf, soveel so dat die film na ‘n lang gestruikel soos ‘n vrot zombie neerslaan.

Zombieland lyk bietjie afgejaag, maar is nog steeds genoeg rede om dit op die groot skerm te sien – al is dit jou eie 109 cm LCD-skerm.

Regisseur: Ruben Fleischer
Met: Woody Harrelson, Jesse Eisenberg & Abigail Breslin

3 / 5

bydrae: JM

24 November 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply