1688
Die eerste Franse vlugtelinge kom in Tafelbaai aan op die Voorschoten. Die Hugenote, soos hul bekend sou staan, het Frankryk in 1685 verlaat nadat die Edik van Nantes herroep is. Die edik het godsdiensvryheid beskerm.
Baie het hulle in die vallei van die Bergrivier gevestig aan die boloop van die rivier, wat toe bekend geraak het as die Fransche Hoek.