Bettie Blom,
7 Desember
‘n Versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale Kersgeskenk.
Nataniël is een van Suid-Afrika se meester-storievertellers op die verhoog. Sy unieke stem en styl, sy spitsvondige en skerpsinnige humor, sy deernis vir die verskoppelinge en verstotelinge, dit alles maak hom ’n belangrike stem in ons kultuur en samelewing.
Die versameling sluit in byna al sy verhale (Afrikaans én Engels) uit ouer bundels wat reeds deur die jare uit druk geraak het (Oopmond, Rubber, Maria Maria, Tuesday, Kaalkop 2, When I was), sowel as 10 nuwe stories.
Lees ‘n uittreksel >>
Koop / Buy 150 Stories >> (eBoek)
150 Stories / deur Nataniël — Human & Rousseau, 20 September 2014 — 520 p. ; sagteband. — ISBN 9780798166645


Lewer kommentaar