2011 se beste kinderboeke

Publisher’s Weekly het onlangs (hulle lys van) die beste (internasionale) boeke van 2011 bekendgemaak.

Vir almal wat lees en laat lees is Publisher’s Weekly ‘n betroubare bron van alles leesbaar.

Ek deel ‘n paar van die kinderboeke op die lys met julle. Vir diegene met kinders en die van ons wat ook kinderboeke lees (Nee nooit, nie ek nie!).

Vir die heel kleintjies:

Everything I Need to Know Before I’m Five
Valorie Fisher dek regtig die hele spektrum en die foto’s is visuele poeding. Die boek is nie net oorspronklik nie, maar ook groot pret.

I Want My Hat Back
Jon Klassen is my tipe persoon, ondeund en vol kurkdroë humor. En dadelik wonder jy of dit enigsins die kleintjies se aandag sal hou? Jy moet dit lees om te glo hoe die eenvoudige storie van ‘n beer wat sy hoed soek mens kinders se aandag kan hou.

Sea of Dreams
Sea of Dreams
Sea of Dreams
In Dennis Nolan se prentjieboek spoel ‘n brander oor ‘n sandkasteel en die piepklein mensies wat daar woon ontsnap net-net. ‘n Verbeeldingryke boek vir verbeeldingryke kinders.

Blackout
John Rocco wys hoe die nag kan betower as die krag af is. Jy leer ook dat ons elektroniese speelgoed nie alles in die lewe is nie.

Vir tieners en kinders wat al lekker kan lees:

Chime
Briony het ‘n gladde bek, maar dis nie altyd genoeg in ‘n wêreld vol tragedie en bonatuurlike wesens nie.

Beauty Queens
Beauty Queens
Beauty Queens
‘n Vliegtuig vol tienderjarige skoonheidskoninginne moet ‘n noodlanding maak op ‘n verlate eiland. Die gebeure op die eiland is snaaks en hou ‘n spieël op vir die narsasistiese samelewing.

Dis Lord of the Flies met ‘n sin vir humor.

Divergent
Tieners het ‘n behoefte om hulself te laat geld. Veronica Roth se futuristiese en aksiebelaaide boek spreek die behoefte aan.

Volgende week kies ek ‘n paar boeke uit die lys vir volwassenes.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar