Die blondine kom haar woonstel met ’n yslike diamanthalssnoer.
Toe haar woonstelmaat vra waar sy dit gekry het sê sy dat sy en haar baas saam Lotto gespeel het en hy dit daarna vir haar gekoop het.
’n Week daarna kom sy weer tuis, die keer met ’n diamantring en -armband. Die woonstelmaat hoor weer dieselfde storie van die Lotto.
Toe sy ’n paar dae later weer by die woonstel kom, die keer met ’n splinternuwe Mercedes, is die woonstelmaat nie verbaas nie. “Laat ek raai, jy en die baas het weer lotto gespeel.”
“Ja, is ek nie gelukkig nie!” antwoord die blondine. “Maar wag, ek gaan bad gou, dan gaan ons vir ’n rit in my nuwe kar.”
Toe die woonstelmaat verby die badkamer stap sien sy blondie sit en was haarself, maar daar is nie ’n druppel water in sig nie. “En nou? Hoekom tap jy nie water in nie?” vra sy nuuskierig.
“Wel,” antwoord die blondie “ons wil nou nie hê die Lottokaartjie moet nat raak nie, wil ons?”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
