#Aardklop Dana Snyman en Amore Bekker: In die blou kamp en Hartstories

Dana Snyman en Amore Bekker is soos vinkel en koljander – die een is so geliefd soos die ander. En by Clover Aardklop is hulle saam op een verhoog.

Snyman se In die blou kamp spruit uit sy reise deur die land en hy skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad – die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria …

Bekker se Hartstories is ’n keur van die beste goedvoelstories uit haar program op RSG. Daar’s stories oor taximanne, kalfies, padpiepies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 9 Okt. – 15:30

Aardklop 2015

Dana Snyman en Amore Bekker: In die blou kamp en Hartstories,
Roekeloos,
1 Oktober 2015.

2


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply