Die WAT hou vanjaar weer ’n kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam. Inskrywings sluit op Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus 2022. Eienaars van ondernemings of produkte met Afrikaanse name word genooi om in te skryf. As jy weet van ’n treffende Afrikaanse handelsnaam in jou omgewing, stuur die naam en, indien moontlik, ook kontakbesonderhede vir ons sodat ons hulle kan nader. Die vorige kompetisie is in 2020 aangebied. Moer Op Als (geurmiddel) het die meeste stemme getrek, terwyl Koer (afspraakklub) en Oep ve Koep (restaurant) die naaswenners was.

Die drie wenners sal groot blootstelling in die media kry, maar ons plaas alle treffende inskrywings op die Facebook-bladsy van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Stuur alle inskrywings na wfb@sun.ac.za.

Lewer kommentaar

Leave a Reply