As almal ver is

Derduisende Suid-Afrikaners woon deesdae oorsee, sommige tydelik, ander permanent. Hulle vaar die vreemde in om uiteenlopende redes: jong professionele gryp werksgeleenthede aan, ander bevredig hul wanderlust in Londen, terwyl sommige hul horisonne in die Ooste gaan verbreed.

 

In hierdie bundel deel van ons top-skrywers hul ervarings van ’n buitelandse verblyf. Kort ná die aanvanklike opwinding kom die verlange en die vreemdheid van in twee wêrelde leef, maar ook ’n ontdekking van dit wat ’n mens aan Suid-Afrika bind.

As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe bevat nagenoeg 40 bydraes, waaronder etlike reisverhale oor bestemmings soos Parys, Kilimanjaro en selfs Beiroet. ’n Ekstra element wat beloof om die oog te vang, is ’n reeks strippe (comic strips) en sketse deur jong kunstenaars.

Die boek, saamgestel deur Danie Marais, sal almal wat al self in die buiteland was of wat familie daar het aan die hart gryp.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

As almal ver is
As almal ver is

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply