As almal ver is

‘n Samestelling deur Juanita Swanepoel uit die bloemlesing van Danie Marais.

Die woordkuns-aanbieding, saamgestel uit die bloemlesing van Danie Marais, handel in sy eie woorde “oor emigrasie, afstand, verlange en verlies en ook huistoe kom”.

Pieter Malan sê uit Londen “Ons braai omdat ons julle mis”; Yvonne Beyers kry ‘n “gevoel in haar wat sy nie ken nie”; Hunter Kennedy vertel van ‘n fokofpolisiekar-toer Londen toe, Liezl Dicki en Sindiwe Magona vertel van hulle ervarings “weg van die huis” en Cecile Cilliers bly verwese agter na haar kinders en kleinkinders se vertrek.

Sindiwe Magona sê in haar essay Weg van die huis:

Daardie plek waar jy die eerste keer asemgehaal het is ‘n plek – geheimsinnig en mities – waaraan jy vir ewig verbonde sal wees.

Die gevoel van die stuk word opgesom met hierdie woorde in Die Eagles se liedjie Hotel California:

You can check out anytime you like, but you can never leave.

Met Susanne Beyers, Joanie Combrink, Hunter Kennedy, Roeline Daneel, Constance Didi.

As almal ver is is 24 Augustus om 18h00 by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch. Kaartjies kos R70.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply