Bottelnek

Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer.

Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geëindig het, en terug in sy verlede in. Daar is nog sewe patrone in die Astra se magasyn.

In ’n Goudveldse bordeel laat ’n telefoonoproep Peet Gagiano hom loswikkel uit die klewerige greep van ’n rooikop: Sy seun en dogter is ontvoer. En toe die kinders later in ’n verlate motor se kattebak gevind word, is daar op elkeen se stuitjie ’n kopbeen uitgekrap – byna dieselfde tatoeërmerk as wat hul pa op sy arm het. By ’n besige kruising in die N12 hou superintendent Pine Pienaar stil by ’n silwer Mercedes wat dwarsweg oor die middelman hang.

In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, ’n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwêreld, in ’n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.

Bottelnek
Bottelnek

12 Oktober 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar