Die Alibi Klub

Die Alibi Klub,
Roekeloos,
26 Oktober


In 1998 arriveer ’n jong Suid-Afrikaner in Brooklyn, New York, waar hy oor ’n tydperk van ’n paar jaar as kroegman met ’n groep karakters by The Alibi kennis maak.

The Alibi is ’n hool vol dwelmverkopers, musiekliefhebbers, werkersklasmense en Guinness. Hier speel die klandisie pool en kyk Jeopardy!, terwyl ’n vlaag rykes uit Manhattan dié ou woonbuurt se boomryke strate van alle kante af invaar om sy historiese brownstones op te raap. Vinnig verskyn sojamelk en organiese groente op die rakke van plaaslike winkels.

Dit is ook hier vanwaar die leser die aanval op die World Trade Center in 2001 meemaak en sien hoe New York deurgaar word, met angs en suspisie wat ryp raak op die sypaadjies.

Jaco van Schalkwyk se aangrypende debuutroman is ’n unieke dokument oor ’n tydperk in die lewe van ’n groep individue, ’n woonbuurt en ’n stad wat onherroeplik verander het.

Ook beskikbaar in Engels as The Alibi Club.

Die Alibi Klub
Die Alibi Klub
Koop / Buy Die Alibi Klub >> (sagteband)

Koop / Buy Die Alibi Klub >> (eBoek)

Die Alibi Klub / deur Jaco van Schalkwyk — Umuzi, September 2014 — 192 p. ; sagteband. — ISBN 9781415207000

 

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply