Die Goorgomgaaitjie, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is ’n ware moderne treffer.
Hierdie tweede avontuur in die diep donker woud is net so briljant soos die eerste.
Sedert sy noue ontkoming met die Nare Muis, glo die Goorgomgaai dat geen goorgomgaai ooit die donker woud moet ingaan nie. Natuurlik luister die kleingoed selde na hulle ouers en een nag besluit die Goorgomgaaitjie om die woud te gaan verken, want die Nare Muis kan tog nie regtig bestaan nie!
Hierdie is die 10de verjaardaguitgawe van die boek.
Die Goorgomgaaitjie (10de verjaardaguitgawe) word vrygestel op 15 Februarie 2016.
Die Goorgomgaaitjie (10de verjaardaguitgawe) / deur Julia Donaldson en Axel Scheffler — Human & Rousseau, 15 Februarie 2016; 32 p. ; sagteband. — ISBN 9780798171489
Die Goorgomgaaitjie,
Bettie Blom,
29 Januarie 2016.
