In 1932 publiseer ‘n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ‘n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans.
Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en vanjaar keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning!
Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ‘n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar outydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ‘n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit is nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ‘n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
[bookpreviewer idtype=”ISBN” bookid=”9780798159197″ previewer=”embedded”]
