Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot.
Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie
Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend.

Die neus / deur Deborah Steinmair — Human & Rousseau, 27 Augustus 2012. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780798152969 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Deborah Steinmair, Die neus
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
