Die portier

Die portier

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Max, ’n kinderboekskrywer, is onlangs gediagsoneer met obsessief-kompulsiewe gedrag, waaroor hy baie selfbewus is. Sy terapeut moedig hom aan om meer kontak met ander mense te maak, en dis hier waar hy ’n nuwe lewe begin: by Strübenhof Hospitaal, as portier. Omring deur pasiënte en dikwels eksentrieke personeel van dié privaat hospitaal, begin Max besef dat die lewe nie altyd hartseer eindes hoef te hê nie. En dat hy selfs kan uitreik na mense om hom.

’n Simpatieke maar steeds humoristiese roman deur die skrywer van die blitsverkopers Kroes en Die val van die dice.

Pat Stamatélos is in Goodwood in die Kaap gebore. Ná die dood van haar ma op agtjarige ouderdom gaan woon sy by haar tannies in die Strand. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Hottentots-Holland, en drie jaar later verhuis sy na Johannesburg. Deesdae woon Pat in Randfontein, naby Krugersdorp. Haar debuutroman, Kroes, wat in 2005 verskyn het, is baie goed ontvang (dit was o.m. gekies vir Homebru 2006), en verkoop steeds uitstekend. Die val van die dice is haar tweede roman.

Lewer kommentaar

Leave a Reply