“Ek sien kokerbome en gemsbokke, woestynveld en lang, reguit stofpaaie. Ek sit links voor met my voete op die dashboard en is diep gelukkig. Die niks en die stilte maak my kop só vol woorde dat dit aanhoudend by my vingers uitvloei.”
Die potlooddief se bruid en ander stories, ’n versameling rubrieke deur Keina Swart, is die resultaat van verskeie reise: hartsreise, kopreise, verbeeldingsvlugte en avontuurlustige verkennings van plekke ver en naby.
Sy skryf oor die mense naaste aan haar – die mans, vroue en kinders van haar hart – en dring met haar fyn waarnemersoog tot in die siel van Suid-Afrika en sy sonderlinge stories, soos wat net ’n ma, ’n vrou, ’n dogter en ’n dromer kan.
Die potlooddief se bruid – en ander stories / Keina Swart — Protea Boekhuis, Februarie 2015; 139 p. ; sagteband. — ISBN 9781485302926
Die potlooddief se bruid – en ander stories,
Bettie Blom,
5 Februarie 2016.


Lewer kommentaar